11 “Sê ’n bietjie vir my, Job, voel jy dat die troos wat die Here vir jou gee nie juis veel help nie? So ook nie sy mooi woorde vir jou nie?
12 Wat gaan in jou kop aan? Hoekom blits jou oë so?
13 Hoekom is jy so opstandig teen God? Hoekom sê jy sulke vreeslike dinge?
14 Kan ’n mens ooit sonder enige foute wees, sê my? Kan ’n gewone mens altyd reg doen?
15 Om die waarheid te sê, die Here vertrou nie eens sy engele nie. In sy oë is selfs nie eens die hemel sonder enige foute nie.
16 As hulle dit nie eens kan doen nie, hoeveel minder dan ’n mens! Mense is vol foute en doen baie dinge verkeerd. Vir hulle is om water te drink en om verkeerde goed te doen presies dieselfde.
17 “Luister na my, Job, ek sal jou vertel wat ek self al beleef het.