11 Oral om hulle is daar gevare wat hulle bangmaak en hulle wil oorval.
12 Omdat hulle honger is, het hulle nie veel krag nie. Onheil kan nie wag dat hulle moet val nie.
13 Daar is siektes wat hulle vel laat wegkrimp. Die dood eet hulle ledemate weg.
14 Hulle sal uit die veiligheid van hulle woonplekke uitgeruk word. Hulle sal dan na die koning van alle onheil gebring word.
15 Daar sal niks in hulle huise oorbly nie, want brandende swael sal daaroor gegooi word.
16 Hulle wortels sal uitdroog en hulle takke sal heeltemal verlep.
17 Niemand sal ooit eens onthou of weet dat hulle op die aarde geleef het nie.