14 Hulle sal uit die veiligheid van hulle woonplekke uitgeruk word. Hulle sal dan na die koning van alle onheil gebring word.
15 Daar sal niks in hulle huise oorbly nie, want brandende swael sal daaroor gegooi word.
16 Hulle wortels sal uitdroog en hulle takke sal heeltemal verlep.
17 Niemand sal ooit eens onthou of weet dat hulle op die aarde geleef het nie.
18 Hulle sal uit die lig in die donker gegooi word. Hulle sal uit hierdie wêreld gejaag word.
19 Hulle sal nie kinders of kleinkinders hê nie. Niemand sal oorleef om in hulle land agter te bly nie.
20 Die mense in die weste en in die ooste sal geskok wees oor wat met hulle gebeur.