4 Jy maak jouself vreeslik seer omdat jy kwaad is. Maar sê my, moet al die mense van die aarde padgee ter wille van jou? Moet ’n rots ter wille van jou uit sy plek geskuif word?”
5 “Dit is waar dat die lig van die slegte mense sal doodgaan. Hulle vlammetjies sal nie meer brand nie.
6 Daar sal nie meer lig in hulle blyplekke skyn nie. Hulle lampe sal ook ophou brand.
7 Die slegte mense sal nie meer so vol selfvertroue rondloop nie. Hulle eie planne sal hulle laat ondergaan.
8 Hierdie kwaaddoeners sal in ’n net vasloop. Hulle sal in ’n vanggat val wat in die pad gegrawe is.
9 Hulle sal in ’n wip trap wat hulle aan die hakskeen sal vasvang.
10 ’n Lus is vir hulle op die grond weggesteek wat hulle nie sal kan sien nie.