13 Hy hou dit so lank moontlik in sy mond.
14 Maar die kos in sy maag word bitter. Dit is soos dodelike gif in sy maag.
15 Hy sal die rykdom wat hy ingesluk het, weer uitbraak. God sal dit uit sy maag laat uitkom.
16 Hy sal die gif van slange suig. ’n Adder sal hom doodpik.
17 Hy is baie ryk, maar dit help hom niks nie. Hy sal nie die riviere van olie sien nie. Hy sal ook nie oorvloed van melk en heuning geniet nie.
18 Hy sal nie vir sy harde werk betaal word nie. Sy rykdom sal hom ook nie bly maak nie.
19 Hy het die arm mense uitgebuit en hulle in hulle ellende gelos. Hy het ander mense se huise wat hy nie gebou het nie, afgevat.