4 “Ek is seker jy weet dat vandat die eerste mens op die aarde gesit is,
5 die slegte mense se geluk nie lank hou nie. Dit is ook so dat die blydskap van ’n mens wat God nie wil ken nie, net ’n kort rukkie hou.
6 Al sou ’n goddelose mens dink dat hy beter as gewone mense is, en met sy kop in die wolke loop,
7 sal daar op die ou einde tog niks van hom oorbly nie. Hy sal soos sy eie ontlasting net verdwyn. Mense wat hom ken, sal vra: “Wat het van hom geword?”
8 Hy sal soos ’n droom of ’n gesig wat hy in die nag sien, net wegraak.
9 Sy vriende en familie sal hom nooit weer sien nie.
10 Sy kinders sal by die arm mense bedel, want hy sal sy rykdom moet teruggee.