1 Elifas het Job geantwoord en gesê:
2 “’n Mens kan nie juis iets doen wat vir God baie beteken nie, selfs nie al is jy baie verstandig nie. Maar as jy slim is, kan jy vir jouself nogal baie regkry.
3 Maak dit die Here bly as jy reg doen? Hou dit vir Hom enige voordeel in as jy reg leef?
4 Kla die Here jou aan en straf Hy jou omdat jy Hom eer en respekteer?
5 Nee, natuurlik nie. Dit is omdat jy so baie verkeerde dinge doen dat Hy jou aankla en straf. Jy hou net nie op om verkeerd te doen nie.
6 “Jy het byvoorbeeld van jou broers verwag om van hulle goed by jou te verpand, maar jy gee niks in ruil terug nie. Jy het selfs so ver gegaan om mense sonder klere te los omdat jy hulle kaalgestroop het.
7 Jy wou nie vir mense wat honger en dors was, kos of water gee nie.