6 Hulle tel koringare op ander mense se lande op wat reeds afgeoes is. Hulle pluk druiwe van ’n slegte mens se wingerd wat daar agtergebly het nadat die druiwe reeds afgeoes is.
7 In die nag lê hulle sonder klere aan en slaap in die koue. Hulle het niks om hulle mee toe te maak nie.
8 As dit in die berge reën, word hulle sopnat. Hulle klou aan die rotse vas, want daar is nie ander skuiling vir hulle nie.
9 “Daar is misdadigers wat ’n weduwee se suigelingbaba steel. Party ryk mense sal arm mense se kind vat omdat hulle in die skuld is by hulle.
10 Hierdie arm mense moet dan sonder klere loop en werk op die lande en dit terwyl hulle honger is.
11 Hulle moet olie van olywe maak en druiwe trap by die wynpers. Intussen is hulle dood van die dors.
12 ’n Mens kan die gekreun van mense in die stede hoor. Daar is ook mense wat gewond is wat roep dat iemand hulle moet kom help. Maar die Here steur Hom nie aan hierdie mense se gebede nie.”