1 Job het Bildad geantwoord en gesê:
2 “Dis nou wonderlike hulp wat jy vir ’n mens gee wat swak en hulpeloos is.
3 Hoe goed is jou raad nie vir iemand wat net mooi niks weet nie! Sjoe, jy wys dat jy sommer baie kennis het.
4 Waar kom jy aan alles wat jy sê? Wie inspireer jou om hierdie dinge te sê?