5 “Die mense wat reeds dood is, bewe voor God daar in die doderyk.
6 Die doderyk is die plek van vernietiging. Dit lê oop en bloot voor God.
7 God sprei die hemel in die noorde uit oor ’n leë gat. Hy laat die aarde in ’n leë ruimte hang.
8 Hy maak die reën toe in dik wolkkomberse sonder dat dit skeur, al is die reën ook hoe swaar.
9 Hy maak die volmaan toe met ’n wolk wat Hy daaroor trek.
10 Hy het die horison getrek op die water om ’n grens tussen lig en donker te maak.
11 Die pilare waarop die hemel staan, sidder en bewe vir sy kwaai woorde.