1 Job het verder gepraat en gesê:
2 “God het nie reg met my gemaak nie. Hy is magtiger as alles en almal, maar Hy het my lewe bitter gemaak. Hy is ’n lewende God en by sy Naam wil ek ’n eed neem.
3 So lank as wat ek leef en God vir my asem gee,
4 sal ek die waarheid praat. Daar sal nie ’n leuen oor my lippe kom nie.