16 “Baie slegte mense het so baie geld dat hulle dit nie eers kan tel nie. Hulle het ook hope klere.
17 Maar dit help niks nie, want eendag sal van die mense wat reg leef, daardie klere dra. Hulle sal ook hierdie slegte mense se geld onder hulle verdeel.
18 Die huise wat hierdie kwaaddoeners gebou het, is soos ’n spinnekopweb of ’n skerm van takke. Dit is nie baie stewig nie en hou nie baie lank nie.
19 “Die kwaaddoeners gaan slaap nog in die aand as ryk mense. Maar as hulle opstaan, ontdek hulle dat al hulle rykdom verdwyn het.
20 Hulle word deur rampe getref wat soos vloedwater oor hulle spoel. In die nag word hulle deur ’n stormwind weggewaai.
21 Die oostewind sal hulle gryp en hulle van hulle huise af wegwaai.
22 Die wind tref hulle genadeloos. Hulle moet vlug vir die groot krag van die wind.