1 Job het verder gegaan om sy saak te stel en gesê:
2 “Ag, hoe verlang ek na die dae en maande toe die Here nog vir my gesorg het.
3 Toe was Hy by my soos ’n lig wat skyn. Omdat Hy dit vir my lig gemaak het, kon ek veilig in die donker loop.
4 Vroeër in my lewe was God soos ’n huisvriend vir my,
5 want toe was die Here nog by my, en my kinders om my.
6 Dit was ’n tyd van oorvloed. Daar was ’n oormaat melk en die olie het by die groefies van die pers uitgestroom.
7 “Dit was nog die goeie ou dae toe ek nog na die stadsingang toe gegaan het. Daar het ek tussen die leiers van die mense gaan sit.