11 “Almal wat my gehoor het, het net goeie dinge vir my te sê gehad. Die mense wat my gesien het, was tevrede met wat ek gedoen het.
12 Want ek het die armes gehelp wat gekla het. Ek het ook die weeskinders gehelp wat niemand gehad het om vir hulle te sorg nie.
13 Ek het mense gehelp wat al die hoop opgegee het om te lewe, en hulle het net mooi dinge oor my lewe te sê gehad. Ek het dit reggekry om weduwees weer te laat sing omdat hulle bly is.
14 Ek het reg geleef en mense eerlik en regverdig behandel. Ek het dit soos klere aangetrek en soos ’n band om my kop gesit.
15 Ek was die blindes se oë en die lam mense se voete.
16 Ek was soos ’n pa vir die armes. Ek het ook die belange van vreemde mense verdedig.
17 Ek het die mag gebreek van mense wat ander onderdruk. Verder het ek hierdie onderdrukkers gedwing om hulle slagoffers vry te laat.