16 Ek was soos ’n pa vir die armes. Ek het ook die belange van vreemde mense verdedig.
17 Ek het die mag gebreek van mense wat ander onderdruk. Verder het ek hierdie onderdrukkers gedwing om hulle slagoffers vry te laat.
18 “Ek het gedink dat ek baie oud sou word en in vrede in my eie huis sou doodgaan.
19 Ek was soos ’n boom met wortels wat tot by die water gaan. In die nag val daar dou op die boom se takke.
20 Ek het altyd binne-in my vol nuwe krag gevoel. Ek was sterk en gesond.
21 “As ek gepraat het, het mense met aandag geluister. Hulle was stil, want hulle wou graag my raad en opinie oor dinge hoor.
22 Na ek gepraat het, het niemand die behoefte gehad om iets meer te sê nie. Hulle was tevrede. Hulle het aanvaar wat ek gesê het.