19 Ek was soos ’n boom met wortels wat tot by die water gaan. In die nag val daar dou op die boom se takke.
20 Ek het altyd binne-in my vol nuwe krag gevoel. Ek was sterk en gesond.
21 “As ek gepraat het, het mense met aandag geluister. Hulle was stil, want hulle wou graag my raad en opinie oor dinge hoor.
22 Na ek gepraat het, het niemand die behoefte gehad om iets meer te sê nie. Hulle was tevrede. Hulle het aanvaar wat ek gesê het.
23 Net soos mense graag wou hê dit moes reën, net so graag wou hulle altyd hê ek moes praat. Dit was vir hulle soos lentereën wat hulle indrink.
24 Hulle het weer nuwe moed gekry as ek vir hulle glimlag. My vriendelike gesigsuitdrukking was vir hulle baie werd.
25 Ek het vir hulle besluit wat hulle moet doen, want ek was vir hulle ’n leier. Ek was soos ’n koning tussen sy manskappe. Ek het hulle getroos wanneer hulle moedeloos was.”