1 Toe Job uiteindelik begin praat, wou hy weet hoekom hy ooit gebore is.
2 Hy het gesê:
3 “Ek moes nooit gebore gewees het nie. Ek moes nooit eens begin bestaan het nie.
4 Die dag wat my lewe begin het, is ’n swart dag. God moet Hom nie eens aan dié dag steur nie. Nie eers ’n skrefie lig moet maak dat mense weet van so ’n dag nie.