13 As ek by my geboorte dood is, sou ek nou geslaap het. Ek sou rus en vrede gehad het.
14 Ek sou nou saam met belangrike mense soos konings en beroemde leiers gerus het.
15 Ek sou gerus het saam met ryk prinse wat huise gehad het met baie goud en silwer in.
16 Hoekom was ek nie maar ’n miskraam nie? Dan het ek nooit eers begin lewe nie.
17 Slegte mense hou op om kwaad te doen as hulle dood is en moeë mense kry kans om te rus.
18 Selfs mense wat gevangenes is, ontspan as hulle dood is. Die bewaarder verskree hulle nie daar nie.
19 Daar is ryk en arm mense gelyk. Daar is ’n werker vry van sy baas.