15 Ek sou gerus het saam met ryk prinse wat huise gehad het met baie goud en silwer in.
16 Hoekom was ek nie maar ’n miskraam nie? Dan het ek nooit eers begin lewe nie.
17 Slegte mense hou op om kwaad te doen as hulle dood is en moeë mense kry kans om te rus.
18 Selfs mense wat gevangenes is, ontspan as hulle dood is. Die bewaarder verskree hulle nie daar nie.
19 Daar is ryk en arm mense gelyk. Daar is ’n werker vry van sy baas.
20 “Hoekom laat die Here mense lewe wat swaarkry? Hoekom lewe mense wat verbitterd is?
21 Hulle wens hulle kan doodgaan, maar dit gebeur nie. Hulle wil so graag doodgaan dat dit erger is as iemand wat fanaties na ’n skat soek.