13 Moet nou net nie met die argument by my kom dat die regte ding sal wees dat God hom moet oortuig nie.
14 Job het nou wel nie met my gepraat nie, maar ek sou hom beslis nie soos julle geantwoord het nie.
15 Nou weet julle nie watter kant toe nie. Julle weet nie meer wat om te sê nie.
16 Moet ek nou ook stilbly omdat julle niks meer te sê het nie?
17 Nee, ek het my antwoord reg. Ek gaan beslis sê wat ek dink.
18 Ek het baie dinge wat ek wil sê. Ek kan nie wag om te praat nie.
19 Dit voel vir my die woorde gaan uitbars as ek nie nou gaan praat nie.