15 Nou weet julle nie watter kant toe nie. Julle weet nie meer wat om te sê nie.
16 Moet ek nou ook stilbly omdat julle niks meer te sê het nie?
17 Nee, ek het my antwoord reg. Ek gaan beslis sê wat ek dink.
18 Ek het baie dinge wat ek wil sê. Ek kan nie wag om te praat nie.
19 Dit voel vir my die woorde gaan uitbars as ek nie nou gaan praat nie.
20 Ek moet praat om uiting te gee aan hoe ek voel. Ek moet Job begin antwoord.
21 Ek wil niemand voortrek of heuning om die mond smeer nie.