3 Hy was ook kwaad vir Job se vriende omdat hulle Job nie kon oortuig het dat hy verkeerd is nie. Deur hom nie te oortuig nie, het hulle dit laat lyk of God verkeerd gedoen het en nie Job nie.
4 Elihu het eers gewag voordat hy met Job gepraat het omdat die ander vriende ouer as hy was.
5 Maar toe Elihu sien dat die ander drie niks meer het om te sê nie, was hy kwaad en het hy begin praat.
6 Elihu het gesê: “Ek is jonk in vergelyking met julle; daarom was ek versigtig om sommer vir julle te vertel wat ek dink.
7 Ek het gedink dat ouer mense eerste moet praat, want hulle het meer kennis en ervaring van die lewe.
8 Maar die waarheid is dat dit God se Gees is wat ’n mens verstandig maak.
9 Ouer mense is nie noodwendig verstandig nie. En net omdat mense oud is, beteken dit ook nie noodwendig dat hulle weet wat reg is nie.