7 Jy hoef nie vir my bang te wees nie. Ek sal dit nie vir jou te moeilik maak nie.
8 Ek het elke woord gehoor wat jy gesê het.
9 Jy het gesê: ‘Ek voel nie skuldig nie, want ek het nie oortree nie. Ek is onskuldig, ek het niks verkeerds gedoen nie.
10 Maar dit is God wat met my foutvind. Hy maak of ek sy vyand is.
11 Hy sit boeie aan my voete. Ek is soos ’n iemand in die tronk. Hy hou elke beweging van my dop.’”
12 Elihu het gesê: “Maar jy is verkeerd, Job, en ek sal jou sê hoekom ek van jou verskil. Jy sien, God is groter as ’n mens.
13 Hoe kan jy God verwyt omdat Hy jou nie antwoord op alles wat jy gesê het nie?