1 Die Here het toe met Job uit ’n stormwind gepraat en gesê:
2 “Wie is dit wat met dom vrae my besluite in twyfel trek?
3 Maak jou reg vir ’n sarsie vrae wat in jou rigting kom wat jy moet antwoord.
4 “Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? As jy so danig baie weet, sê My!
5 Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Toe, jy weet dit tog seker, nie waar nie? Wie het die aarde afgemeet?
6 Waarop is die voetstukke van die aarde neergesit? Wie het die hoeksteen gelê?