14 As die dag breek, sien ’n mens eers net die vorm van die berge en die valleie op die aarde. Dit lyk soos ’n vorm wat in klei afgedruk is of die voue van ’n stuk klere.
15 Die lig maak dit vir die misdadigers moeilik om mense te pla. Dit keer hulle om met hulle geweld voort te gaan.
16 “Job, het jy al gaan kyk na die bronne waaruit die see borrel? Het jy al diep in die see op die bodem rondgeloop?
17 Het iemand al vir jou gewys waar die hekke van die dood is? Het jy die ingang na die doderyk gesien?
18 Het jy enigsins ’n idee hoe groot die aarde is? Sê vir My as jy dit alles weet!
19 “Weet jy waar die lig vandaan kom? Ken jy die blyplek van die donker?
20 As jy dit weet, sal jy hulle mos daarheen kan terugvat.