2 “Wie is dit wat met dom vrae my besluite in twyfel trek?
3 Maak jou reg vir ’n sarsie vrae wat in jou rigting kom wat jy moet antwoord.
4 “Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? As jy so danig baie weet, sê My!
5 Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Toe, jy weet dit tog seker, nie waar nie? Wie het die aarde afgemeet?
6 Waarop is die voetstukke van die aarde neergesit? Wie het die hoeksteen gelê?
7 Die môresterre het saamgesing en al die hemelse inwoners het van blydskap geskreeu toe dit gebeur het.
8 Wie het vir die see grense gemaak toe dit onstuimig begin uitborrel het?