21 Maar natuurlik weet jy dit. Jy was toe mos al gebore en jy leef mos al lank.
22 “Was jy al by die plekke waar die sneeu gebêre word? Het jy al die plekke gesien waar die hael opgegaar word?
23 Ek het dit daar reggehou vir tye wanneer daar moeilikheid en oorlog sal wees.
24 Hoe kom ’n mens by die plek uit waar die son opkom? Waar begin die oostewind oor die aarde waai?
25 “Wie het ’n kanaal oopgekap vir die reën wat neerstort? Wie het ’n pad vir die donderstorm oopgemaak?
26 Wie maak dat die reën op die dorre woestynland val waar nie ’n enkele mens te sien is nie?
27 Wie sorg dat ’n droë en dor land nat word sodat daar gras in die grond kan groei?