28 “Het die reën ’n pa? Waar kom dou vandaan?
29 Wie is ryp en ys se ma? Waar kom dit vandaan?
30 Die boonste laag water wat die diepwater toemaak, vries so hard soos klip.
31 “Kan jy die Sewester met ’n band vasbind? Of kan jy die bande van Orion losmaak? Het jy enigsins beheer oor die sterre?
32 Kan jy die sterrebeelde op hulle vasgestelde tyd laat opkom? Kan jy die Beer met haar kleintjies oor die hemelruim laat beweeg?
33 Weet jy hoe die reëls van die hemel werk sodat alles daar reg loop? Weet jy watse invloed dit op die aarde het?
34 “Kan jy vir die wolke skreeu en dan laat hulle reën op jou neerstort?