34 “Kan jy vir die wolke skreeu en dan laat hulle reën op jou neerstort?
35 Kan jy weerlig laat slaan waar jy wil hê dit moet? Sal die weerlig jou gehoorsaam?
36 Wie gee ’n innerlike aanvoeling vir dinge en wie maak dit moontlik om iets te kan verstaan?
37 Wie het die vermoë om al die wolke te kan tel? Wie kan hierdie waterhouers van die hemel omkeer sodat dit reën?
38 Die reën laat die droë grond in modderklonte verander.