7 Die môresterre het saamgesing en al die hemelse inwoners het van blydskap geskreeu toe dit gebeur het.
8 Wie het vir die see grense gemaak toe dit onstuimig begin uitborrel het?
9 Ek het die see met donker wolke toegemaak.
10 Ek het besluit hoe ver die see kon spoel. Ek het die strande gegee om die see op sy plek te hou.
11 Ek het gesê: ‘Jy mag net tot hier kom en nie verder gaan nie. Hier moet jou skuimende golwe stop!’
12 “Job, het jy al ooit vir die oggend gesê om te begin en die dag laat verstaan wanneer om te breek?
13 Die daglig versprei tot by die verste dele van die aarde. Die lig wat oral skyn, maak dit onmoontlik vir die misdadigers om weg te kruip. Die lig skud hulle uit hulle wegkruipplekke uit.