1 “Kan jy vir die leeuwyfie haar prooi jag? Kan jy vir die jong leeus genoeg gee om te eet
2 daar waar hulle in hulle blyplekke lê of wegkruip terwyl hulle wag dat die jag moet klaarmaak?
3 Wie gee vir die kraaie kos as hulle rondskarrel omdat daar nie kos is nie, wanneer hulle kleintjies na God roep om vir hulle kos te gee?”
4 “Weet jy wanneer dit tyd is vir die bergbokke om te lam? Het jy al bygestaan as ’n wildsbokooi geboorte gee?
5 Weet jy hoe lank sy die ongebore lam dra? Weet jy wanneer hulle moet lam?