12 “Sal die buffel bereid wees om vir jou te werk? Sal hy in die aand by jou voerbak kom staan en eet?
13 Kan jy ’n buffel voor ’n ploeg inspan? Sal hy jou landerye vir jou ploeg en eg?
14 Die buffel het geweldige krag. Sal jy op sy krag staatmaak om jou harde werk vir jou te doen?
15 Kan jy die buffel vertrou om jou graan vir jou na die dorsvloer toe te bring?
16 “Die volstruis is vrolik en klap haar vlerke. Haar vere en vlerke is pragtig.
17 Sy los haar eiers bo-op die grond en laat die grond dit warm hou.
18 Sy dink nie eers daaraan dat iemand op die eiers kan trap of dat die wilde diere hulle kan breek nie.