2 daar waar hulle in hulle blyplekke lê of wegkruip terwyl hulle wag dat die jag moet klaarmaak?
3 Wie gee vir die kraaie kos as hulle rondskarrel omdat daar nie kos is nie, wanneer hulle kleintjies na God roep om vir hulle kos te gee?”
4 “Weet jy wanneer dit tyd is vir die bergbokke om te lam? Het jy al bygestaan as ’n wildsbokooi geboorte gee?
5 Weet jy hoe lank sy die ongebore lam dra? Weet jy wanneer hulle moet lam?
6 Wanneer dit tyd is dat die lam gebore moet word, hurk die ooi neer vir die geboorte.
7 Die klein bokkies groei en word in die veld groot. As hulle uitgegroei is, gaan hulle van hulle ouers af weg en kom nooit weer terug nie.
8 “Wie het die wilde donkies losgelaat en hulle vry laat rondloop?