7 Die klein bokkies groei en word in die veld groot. As hulle uitgegroei is, gaan hulle van hulle ouers af weg en kom nooit weer terug nie.
8 “Wie het die wilde donkies losgelaat en hulle vry laat rondloop?
9 Ek het hulle in die woestyn laat bly. Die soutpanne was hulle weiplek.
10 Hulle bly van die geraas in die stad af weg. Hulle steur hulle ook nie aan die geskree van mense wat hulle rondjaag en wil tem nie.
11 Hulle loop en wei in die berge en soek na elke groen grassie wat hulle kan kry om te eet.
12 “Sal die buffel bereid wees om vir jou te werk? Sal hy in die aand by jou voerbak kom staan en eet?
13 Kan jy ’n buffel voor ’n ploeg inspan? Sal hy jou landerye vir jou ploeg en eg?