10 Die Here het verder gesê: “Kyk na die seekoei: Ek het die seekoei gemaak net soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos ’n bees.
11 Hy het baie krag in sy lyf en sy maagspiere is baie sterk.
12 Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg.
13 Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe.
14 Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan.
15 Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel.
16 Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras.