11 By sy neus borrel rook uit. Dit lyk amper soos stoom wat by ’n pot uitborrel wat op ’n vuur staan.
12 Sy asem is so warm dat dit kole kan laat gloei, want vlamme kom by sy mond uit.
13 “Die geweldige krag in sy nek maak mense oral waar hy gaan verskriklik bang.
14 Sy vleis is hard en sit baie styf aan hom vas asof dit gegiet is.
15 Sy hart is so hard soos ’n klip. Dit is so hard soos ’n maalklip.
16 As hy opstaan, vlug selfs die gode. Hulle is bang hy verpletter hulle met sy stert.
17 Daar is geen skerp wapen wat die draak in sy spore kan laat vassteek nie.