14 Verder sê Job: “’n Mens moet mooi werk met ’n vriend wat in so ’n toestand soos ek is. Ja, selfs al het ek miskien nie so geleef soos die Here wou hê ek moes nie.
15 Julle is my vriende, maar julle is net so onbetroubaar soos ’n spruit wat die een oomblik droog is en die volgende oomblik kom die water daarin afgestroom.
16 Onder die ys is die water donker. Sneeu maak die spruit so toe dat dit lyk of daar niks is nie.
17 Wanneer dit weer warm word, verdamp die water. Die hitte droog die spruit heeltemal op sodat ’n mens nie eens kan sien dat daar een was nie.
18 Reisigers draai af na die spruit om ’n bietjie lafenis te soek, maar dis pure verniet. Hulle beland in ’n droë wêreld en op die ou einde gaan hulle van dors dood.
19 Reisigers wat van Tema en Skeba af kom, stop met die hoop om water te kry,
20 maar kry niks nie. Hulle was so seker hulle sou water kry, nou staan hulle verslae by die droë spruit.