2 “As my hartseer geweeg en my probleme op ’n skaal gesit kon word,
3 sal dit swaarder weeg as al die sand van die see. Dit is hoekom ek so kras gepraat het.
4 Die Here wie se mag geweldig groot is, het my met sy pyle geskiet. Ek is vol van die gif van hierdie pyle. God het vreeslike dinge op my pad gestuur.
5 Sê my, het ek die reg om ongelukkig te voel? ’n Donkie balk as hy nie gras het om te eet nie. ’n Bees bulk ook as daar nie voer in die krip is nie.
6 En mense kla as daar nie sout in die kos is nie en dit smaakloos is. Die wit van ’n ongekookte eier is ook nie eetbaar nie. Dit is sleg!
7 Ek sit nie my mond aan sulke kos nie. Dit maak my siek!”
8 Job het verder gepraat: “Ag, as ek maar kan kry wat ek vra. Ek wens so dat God sal gee wat ek met my hele hart begeer!