1 Job het sy vriende gevra: “Is ’n mens se lewe op aarde nie maar harde werk nie? Dit is soos om elke dag vir iemand te werk wat jou huur.
2 Dit is soos ’n werker wat daarna uitsien om net in die koelte te kan staan. Of soos ’n werker wat nie kan wag om sy geld te kry vir die dag se werk wat hy gedoen het nie.
3 Vir baie maande al het ek niks om voor te lewe nie. Ek worstel baie nagte van swaarkry deur.
4 As ek in die aand bed toe gaan, wens ek dit is al die volgende môre. Maar die nagte is lank en uitgerek. Ek lê en rondrol tot die volgende oggend toe.
5 My hele lyf is vol wurms en rowe. My vel word hard en bars oop terwyl sweersel uitloop.”
6 Job het vir die Here gesê: “Daar is nie hoop vir my nie. My lewe gaan vinniger verby as wat die spoel in ’n weefraam heen en weer beweeg.