14 Maar U het vir my drome gegee wat my banggemaak het. U het my verskriklike goed laat sien wat my nagmerries gegee het.
15 Dit was so erg dat ek sou verkies het dat iemand my verwurg. Ek sou liewer wou doodgaan as om langer so in my liggaam te bly leef.
16 Ek haat my lewe. Ek gaan tog nie vir altyd lewe nie. Laat my tog net alleen. My lewe maak nie meer sin nie.
17 “Here, waarom is mense so belangrik vir U? U doen so baie moeite met hulle.
18 U kyk elke môre hoe dit met hulle gaan. U toets ook die mens elke oomblik van die dag.
19 U kyk nie eens vir ’n klein rukkie van my af weg nie. Hoekom gee U my nie net ’n kans om asem te skep nie?
20 As ek verkeerde goed sou gedoen het, wat het ek aan U gedoen? U pas mense soos ’n bewaarder op. Hoekom het U my as ’n teiken gebruik? Hoekom het U my gekies? Het ek vir U ’n las geword?