13 Moses het toe gebid en gevra: “God, maak haar asseblief weer gesond!”
14 Hierop het die Here geantwoord: “As sy ’n kind was en haar pa het opsetlik voor ander mense in haar gesig gespoeg om haar te verneder, sou sy nie die reg gehad het om voor oor sewe dae weer in die openbaar te verskyn nie. So, laat haar nou sewe dae lank buite die kamp bly sonder dat iemand naby haar kom. Na die sewe dae mag sy weer terugkom.”
15 Mirjam is toe vir sewe dae uit die kamp verban en die volk het eers weer verder getrek nadat sy teruggekom het.
16 Hulle het kamp opgebreek en van Gaserot af verder getrek tot in die Paranwoestyn, waar hulle weer kamp opgeslaan het.