5 Die Here het toe in ’n wolk afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam nader en sê vir hulle:
6 “Luister nou mooi na wat Ek vir julle sê. As Moses net ’n gewone profeet was, sou Ek met hom gepraat het soos met die ander profete, deur visioene en drome.
7 Maar dit is nie hoe Ek met my dienaar Moses werk nie. Hy is my spesiale vertroueling.
8 Met hom praat Ek direk en persoonlik, nie in allerhande raaisels nie. Hy sien selfs my silhoeët. Hoe kan julle dan waag om hom te kritiseer?”
9 Die Here was baie kwaad vir hulle. Toe Hy daar weggaan
10 en die wolk weer van die tent af oplig, was Mirjam se hele vel met ’n lelike uitslag oortrek. Haar hele vel was spierwit. Toe Aäron na Mirjam kyk en sien hoe sy lyk,
11 het hy vir Moses gesê: “Asseblief, my heer, moet tog nie ons dwaasheid wat ons in ’n oomblik van swakheid kwytgeraak het, teen ons hou nie.