34 Die ander mense wat daar naby was en hulle gille gehoor het, het dadelik weggehardloop omdat hulle bang was dieselfde lot tref hulle ook.
35 Daarna het die Here die ander 250 leiers wat met hulle vuurpanne en wierook by die tent gestaan het waar Hy aanbid word, met ’n groot vuur verbrand.
36 Toe het die Here vir Moses gesê:
37 “Sê nou vir die priester Eleasar, Aäron se seun, hy moet die kopervuurbakke wat in die vuur beland het, daar gaan uithaal, want hulle behoort aan My. Die kole wat daarin is, moet hulle iewers gaan weggooi.
38 Daardie bakke behoort nou aan die Here. Al die manne aan wie dit behoort het, het sonde gedoen en met hulle lewe daarvoor geboet. Slaan dan al hierdie koperbakke plat en maak ’n deksel daarmee wat bo-oor die altaar kan pas. Elke keer as die Israeliete hierdie deksel sien, sal dit hulle aan hierdie verskriklike gebeurtenis herinner.”
39 Die priester Eleasar het toe die kopervuurbakke gevat, hulle laat platslaan en ’n deksel vir die altaar daarmee gemaak.
40 Dit moes die Israeliete daaraan herinner dat iemand wat nie ’n afstammeling van Aäron was, nie die reg gehad het om ooit die wierookoffer na die altaar van die Here toe te bring nie. As iemand dit wel sou waag, sou dieselfde lot hom tref as wat Korag en sy volgelinge getref het.