24 aangesien Ek die tiendes wat die volk vir My gebring het, vir hulle gee. Dit is hoekom Ek vir hulle sê dat hulle nie ’n deel van die land kry, soos die ander Israeliete nie.”
25 Die Here het vir Moses gesê:
26 “Sê vir die Leviete: Van die tiendes wat hulle van die Israeliete gekry het, moet hulle weer vir My ’n tiende daarvan as spesiale offer vir die Here gee.
27 Die Here sal dit beskou asof dit die eerste koring van julle eie land of die eerste wyn van julle wynperse af is.
28 Die een tiende van die tiendes wat julle van die Israeliete gekry het, moet julle vir Aäron as sy deel gee. Dit is my manier om vir hom te sorg.
29 Maak seker dat julle net die beste van wat julle kry, vir die Here opsy sit.
30 “Sê ook vir die Leviete: As julle die beste deel bring, sal dit gesien word as julle offer van julle dorsvloer of julle wynpers af.