32 So lank as wat julle die beste deel van wat die Israeliete gebring het, vir die Here opsy sit, mag julle die res eet sonder om bang te wees dat julle iets verkeerds doen. Maak net seker dat julle eers die beste deel van die offers vir die Here opsy sit voordat julle die res eet. As julle dit nie doen nie, sal julle doodgemaak word omdat julle iets geëet het wat net aan die Here behoort.”