5 Daarna moet die koei voor Eleasar verbrand word, vel, vleis, bloed en binnegoed alles saam.
6 Die priester moet dan ’n stukkie sederhout, hisoptakkies en ’n stukkie rooi wol in die vuur gooi waarin die koei verbrand word.
7 Daarna moet die priester sy klere was en bad voordat hy weer mag teruggaan kamp toe. Hy is egter vir die res van die dag nie geskik om diens te doen in die tent nie.
8 Die persoon wat die koei verbrand het, moet ook sy klere was en bad. Hy is ook vir die res van die dag onrein.
9 ’n Rein persoon moet dan die as van die koei bymekaarmaak en dit buite die kamp op ’n skoon plek gaan bêre. Die Israeliete moet hierdie as saam met die reinigingswater gebruik. Die doel van hierdie ritueel is om vir hulle sonde vergifnis te vra.
10 Die persoon wat die koei se as bymekaargemaak het, moet ook sy klere was, maar hy sal ook vir die res van die dag onrein wees. Hierdie is ’n permanente gebruik wat geld vir die Israeliete en vir die mense van ander volke wat by hulle bly.”
11 “Iemand wat aan ’n lyk raak, mag vir ’n week nie enige amptelike godsdienstige funksies verrig by die tent waar Ek aanbid word nie.