1 Toe die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die suide van Kanaän gebly het, hoor dat die Israeliete in die rigting van Atarim trek, het hy hulle aangeval en party van hulle gevang en ontvoer.
2 Die Israeliete het toe hierdie belofte voor die Here gemaak: “As U ons help om hierdie mense te wen, sal ons al hulle stede heeltemal vernietig en dit aan U gee as ’n offer omdat U ons ’n oorwinning gegee het.”
3 Die Here het hulle gebed verhoor en hulle gehelp om die Kanaäniete te verslaan. Soos hulle belowe het, het hulle al die stede heeltemal verwoes en almal doodgemaak wat daarin gebly het. Hulle het toe die plek Gorma, “plek van verwoesting”, genoem.
4 Omdat die Israeliete nie deur Edom kon trek nie, het hulle van die berg Hor af die pad in die rigting van die Rietsee gevolg. Langs die pad het die volk weer ongeduldig geword en