21 Die Israeliete het boodskappers na koning Sihon, die koning van die Amoriete, toe gestuur om hom te vra:
22 “Laat ons asseblief toe om deur u land te trek. Ons sal nie deur die landerye of die wingerde trek nie. Ons sal nie eens water uit julle putte skep om te drink nie. Ons sal op die grootpad bly, die een wat die Koningspad genoem word, totdat ons deur u gebied is.”
23 Maar Sihon wou nie toelaat dat Israel deur sy gebied trek nie. Hy het sy leër bymekaargekry om die Israeliete in die woestyn aan te val. Die geveg het toe by Jahas plaasgevind.
24 Maar die Israeliete het hulle gewen en baie van hulle soldate doodgemaak. Hulle het hulle land ingeneem van die Arnonrivier af tot by die Jabbokrivier wat die grens van Ammon is. Hulle het egter nie probeer om verder te gaan nie, want hierdie grens is deur baie soldate opgepas.
25 Die Israeliete het al die stede van die Amoriete in hierdie gebied verslaan en daarin gaan bly. Ook Gesbon en sy omringende dorpe is verslaan.
26 Gesbon was die hoofstad van koning Sihon van die Amoriete. Hy het teen ’n vorige koning van Moab oorlog gemaak en toe sy hele gebied wat tot by die Arnonrivier strek, by hom afgevat.
27 Dit is oor hierdie oorwinning wat die digters vroeër ’n lied geskryf het:“Kom na Gesbon toe en bou dit weer op, herstel koning Sihon se stad!