31 Die Israeliete het in die Amoriete se land gaan bly.
32 Moses het mense gestuur om te gaan kyk of dit moontlik was om die stad Jaser te oorrompel. Daarna het hulle die stad aangeval en dit saam met al die dorpe in die omgewing ingeneem en die Amoriete verdryf wat daar gebly het.
33 Daar het hulle van koers verander en in die rigting van Basan getrek. Koning Og van Basan het sy leër bymekaargekry en hulle aangeval. Die geveg het by Edreï plaasgevind.
34 Maar die Here het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie, want Ek gee hom met sy hele leër en sy land in julle mag oor. Doen presies met hom wat jy met koning Sihon van die Amoriete gedoen het wat daar in Gesbon gebly het.”
35 Die Israeliete het hulle toe verslaan. Hulle het koning Og, sy seuns en al sy mense doodgemaak. Hulle het ook sy land ingeneem.