1 Bileam het vir Balak gesê: “Bou nou vir my sewe altare hier en kry sewe bulle en sewe ramme gereed om te offer.”
2 Balak het dit gedoen. Daarna het hy en Bileam ’n bul en ’n ram op elkeen van die altare geoffer.
3 Toe sê Bileam vir Balak: “Bly jy hier by die brandoffers. Ek gaan so ’n bietjie eenkant toe om te kyk of die Here met my wil praat. Wat Hy ook al vir my sê, sal ek vir jou ook kom sê.” Hy is toe na ’n oop stuk grond toe hoër op teen die berg.
4 Daar het God hom ingewag. Bileam sê toe vir God: “Ek het sewe altare laat bou en op elkeen ’n bul en ’n ram geoffer.”
5 Die Here sê toe vir hom: “Gaan nou terug na Balak toe en gee vir hom hierdie boodskap van My af.”
6 Toe Bileam by Balak aankom, het hy en al die amptenare van Moab nog steeds by die brandoffers gestaan.
7 Toe sê Bileam vir hulle: “Balak het my van Aram af laat kom. Die koning van Moab het my van die berge van die ooste af laat haal. ‘Kom vervloek Jakob,’ het hy gesê. ‘Kondig ’n ramp aan oor Israel.’